Geraasbesoedeling, ook bekend as omgewingsgeraas of klankbesoedeling, is wanneer geraas 'n skadelike impak op mense of diere het. Die wêreldwye bron van buitelug-geraas word hoofsaaklik veroorsaak deur masjiene en vervoer (veral vliegtuie).[1][2] Swak stadsbeplanning kan tot verhoogde geraasbesoedeling lei. Industriële en residensiële fabrieke kan ook tot geraasbesoedeling in woongebiede lei.
Sommige van die hoofbronne van geraas in woongebiede sluit in harde musiek, lawaai van voertuie en vliegtuie, instandhouding van grasperke, nabygeleë konstruksie, skielike ontploffings of jong mense wat skreeu (bv. by sportgeleenthede). Geraasbesoedeling wat verband hou met huishoudelike petrolkragopwekkers is ook besig om een van die hoofbronne van geraasbesoedeling in ontwikkelende lande te word.
Die gemiddelde geraasvlak in woongebiede is 97,60 dB, wat die Wêreldgesondheidsorganisasie se maksimum aanbevole waarde van 50 dB reeds oorskry het.[3] Navorsing dui daarop dat geraasbesoedeling die hoogste is in lae inkomste-gebiede, asook gebiede waar die minderheidsrasse voorkom.[4] Gedokumenteerde probleme wat verband hou met geraasbesoedeling in die stede, gaan so ver terug as die Antieke Rome. [5]
Hoë vlakke van geraas kan bydra tot kardiovaskulêre gevolge by mense en 'n verhoogde kans van koronêre hartsiekte. [6] [7] Geraasbesoedeling verhoog die kans van dood by diere, deur die invloed wat dit het op die vermoë om prooi op te spoor, asook die invloed wat dit het op die voortplanting van diere. Dit dra ook by tot permanente gehoorverlies by mense en diere. [8] Alhoewel bejaardes kardiale probleme het weens geraasbesoedeling, is kinders veral meer kwesbaar vir geraas, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die nagevolge van geraasbesoedeling op kinders kan permanent wees. [9] Geraas is daarom 'n ernstige bedreiging vir 'n kind se fisiese- en sielkundige gesondheid en kan 'n kind se gedrag en leervermoë negatief beïnvloed. [10]
<ref>
tag; no text was provided for refs named :0
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search